Karsten, Chris

Gerugte van 'n ontvoering by Chris Karsten - Kaapstad; Human & Rousseau; 2021. - 378 pages 23 cm.

Wanneer Harry asemskep tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers.

Maar dan sterf sy skielik. Het haar eensame lewe inderdaad vir Gusta tot selfdood gedryf, soos die polisie bevind het? En wat van haar kosbare skildery, wat uit haar woonplek verdwyn het? Van die oomblik dat hy in sy ma se penthouse instap, kry Harry die reuk van 'n groot gekonkel En die skuldiges sal aan die pen ry, die hele lot van hulle!. Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie.

9780798182393

AF KARS